Top 14-atletiekbyeenkoms. Hoër Jongenskool Paarl, in die volksmond bekend as Boishaai, het Donderdag, 6 Oktober, hul eerste Noord–Suid Top 14-atletiekbyeenkoms in die Paarl aangebied.
Noord en Suid is deur skole van reg oor Suid-Afrika verteenwoordig. Die skole wat die Suide verteenwoordig het, was Hoër Jongenskool Paarl, Hoër Landbouskool Oakdale, Paul Roos Gimnasium. Hoër Landbouskool Boland, Hoërskool Gimnasium Paarl, Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Fairmont.
Die skole wat die Noorde verteenwoordig het, was Hoërskool Zwartkop, Prestige College, Hoërskool Randburg, Curro Hazeldean, Hoërskool Waterkloof, Grey Kollege en Helpmekaar Kollege.
By die byeenkoms het die skole van die Suide koning gekraai met 18 012 punte teenoor die Noorde se 17 678 punte.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlboyshigh.org.za/
Foto’s verskaf