)

Top 100 in jaarlikse Wiskunde Olimpiade.

Schools That Rock berig oor Helpies wat deel in TOP 100 in Afrika!

Baie geluk aan Helpmekaar Kollege van Johannesburg se 4 leerders met hul prestasie in die Wiskunde Olimpiade.

Gerrit le Roux (gr.12), Christiaan Botes (gr.12), Karo Bekker (gr.9) en Adriaan Mostert (gr.9) is onder die Top 100 in Afrika wat deurgedring het tot die finale rondte in die jaarlikse Wiskunde Olimpiade.

Wat die prestasie nog groter maak, is die feit dat dit Gerrit le Roux se tweede agtereenvolgende jaar is wat hy hierdie besondere prestasie behaal.

Meer oor Helpies:

  • Helpmekaar is een van 172 skole wat die Indepedent Examination Board (IEB)se eksamen aflê. Hierdie eksamen is onder die toesig van Umalusi, maar onafhanklik van die Onderwysdepartement.
  • Hoekom die IEB? Handhaaf hoë standaarde en lewer betroubare resultate. Verseker ‘n goeie korrelasie tussen resultate en werklike vermoë wat positief reflekteer op verdere studie; Gebruik assessering om onderrig en leer positief te beïnvloed; Genereer puik geleenthede vir onderwysers om aktief in die assesseringsproses betrokke te raak.
  • Die Eksamen: Geskrewe eksamens fokus op verstaan en probleem-oplossing; Assessering fokus op alternatiewe en uitdagende maniere om vaardighede te toets.
  • Die proses: Goeie administrasie; Geen rompslomp; Onafhanklik; Uitstekende moderering; Goeie kwaliteit vraestelle en nasienproses; Interaktiewe strukture.
  • Koshuis: Die William Nicol Koshuis streef daarna om: Aan elkeen van die seuns en dogters wat weg van hulle ouerhuise af by Helpmekaar Kollege kom skoolgaan, ‘n tuiste te bied soortgelyk aan dit wat die beste ouerhuise bied en om sover moontlik steeds elkeen as ‘n individu te behandel, by die koshuisleerders ‘n trots vir die koshuistradisies te ontwikkel, te alle tye goeie beheer en toesig oor die koshuisleerders uit te oefen, etes te verskaf wat voedsaam en van goeie gehalte is, geleentheid aan elke koshuisleerder te bied om aan sport- en kultuuraktiwiteite van hulle keuse deel te neem, met studietye wat op vaste tye geskied en waartydens die nodige toesig en dissipline verleen word, aan elke koshuisleerder die geleentheid te bied om na die beste van sy of haar vermoë te presteer en aan koshuisleerders geleentheid vir gesonde ontspanning te bied.
  • Sien ook https://schoolsthatrock.co.za/helpmekaar-kollege-leerder-presteer-in-tennis/

https://www.helpmekaar.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal