)

Argief-en-Erfenisklub nuut by Hoërskool Jan van Riebeeck

Schools That Rock berig graag oor Hoërskool Jan van Riebeeck se nuwe en interessante Argief-en-Erfenisklub.

Alhoewel Jan van Riebeeck tans 34 klubs het, het die skool besluit om nog ‘n klub te stig. Die nuwe Argief-en-Erfenisklub is nou deel van die sowat 35 klubs waarby Jan van Riebeeckers die afgelope kwartaal kon aansluit.

Die nuwe Argief-en-Erfenisklub klub is nou een van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad se trotse en innoverende klubs. Hierdie klub bestaan tans uit 13 lede en die skool is positief dat meer lede sal aansluit. Drie van hierdie lede is reeds fluks besig is om foto’s in die skool se besit te dokumenteer. Op die oomblik fokus die klublede op die Roggies se foto’s. Met die verskuiwing van die seuns vanaf Huis van der Merwe na Huis Jordaan, word die foto’s tydelik in die argief gestoor. Hierdie foto’s word nou eers gedokumenteer voordat dit weer teen die mure gemonteer kan word.

Afgesien van die werk in die JvR-argief, beplan die Argief-en-Erfenisklub ook heerlike uitstappies. Dié uitstappies sal na talle interessante areas, sowel as geboue van historiese waarde oral in die Kaap onderneem word.

Enige ouers, oudskoliere of vriende van Hoërskool Jan van Riebeeck, is welkom om by die argief betrokke te raak. Indien jy belangstel, kontak asseblief vir Helena le Roux by jvralumni@gmail.com.

#JvRArgief#JvRTrots

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal