Top 10 Spiesgooi Ranglys – Hoërskool Klerksdorp spog met 6 spiesgooi atlete in SA se Top 10 Ranglys vir 2025.
Die South African Javelin Clips het die Finale Top 10 Spiesgooi Ranglys vir 2025 bekend gemaak. Hoërskool Klerksdorp het ’n merkwaardige prestasie behaal met ses van hul spiesgooiers wat hul plek onder die land se top 10 ranglys verower het. Hierdie ranglys dek beide meisies en seuns in ouderdomsgroepe van o/14 tot o/19, en toon die uitsonderlike talent wat in die skool se atletiekspan skuil.
Hoërskool Klerksdorp – Top 10 Spiesgooi Ranglys:
- Lehanke Beets – o/14 meisies (2de plek, 44.97m)
- Delaney J. van Vuuren – o/15 meisies (10de plek, 40.00m)
- Julindi Wilkens – o/19 meisies (10de plek, 38,34m)
- Ruan Dreyer – o/15 seuns (2de plek, 63.11m)
- Stiaan Zopick – o/17 seuns (1ste plek, 67.71m)
- Marques Olivier – o/19 seuns (1ste plek, 70.18m)
Die South African Javelin Clips Top 10 Rankings vir 2025 is amptelik vrygestel en bied ’n inspirerende oorsig van die land se voorste jong spiesgooiers, meisies én seuns, in verskeie ouderdomsgroepe. Die ranglys, dek die top 10 prestasies per ouderdomskategorie en sluit die name van die atlete, hul skole en die afstande wat hulle met die 500g spies behaal het, in. Hierdie statistiek van die uitslae is saamgestel deur Anton Siepker en Lizette Welgemoed.
Baie geluk aan afrigter Erich Wiese, wie se toewyding, kundigheid en passie vir spiesgooi duidelik vrugte afwerp. Onder sy leiding het Klerksdorp Hoërskool nie net mededingend gebly nie, maar ook uitgestyg as een van die voorste skole in die land op hierdie gebied.
Met die slagspreuk “Keep them flying!” as inspirasie, bewys hierdie jong atlete dat die toekoms van Suid-Afrikaanse spiesgooi blink is.
Hoërskool Klerksdorp is beslis ’n krag is om mee rekening te hou.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor










