Top 10 Atletiek. Leeuwenhof Akademie, Bedfordview, se atlete vaar goed tydens die Top 10 Atletiek byeenkoms te Naboomspruit.
Die volgende atlete behaal besondere prestasies deur onder die eerste 5 atlete te eindig. ‘n Spesiale gelukwensing gaan aan Megan Lategan met haar twee eerste plekke. Welgedaan!!!
100m Dogters O/14: Megan Lategan behaal die eerste plek uit 25 atlete.
200m Dogters O/14: Megan Lategan eerste uit 24 atlete.
Diskus Dogters O/17: Clarissa le Roux derde uit 17 atlete.
800m Seuns 0/16: Emile Pretorius derde uit 12 atlete.
Gewigstoot Dogters O/17: Clarissa le Roux vierde uit 18 atlete.
Vespring Dogters O/14: Keandra Lindeque vyfde uit 16 atlete.
Baie geluk aan dié atlete. Trots op julle!
#Trotsleeuwenhof#Leeuwenhof#LeeuwenhofAkademie
Lees meer oor Leeuwenhof: