)

Erries Krieket – Hoërskool Ermelo 1ste krieketspan vs HTS Witbank

Erries Krieket. Op Saterdag, 23 Oktober, het Hoërskool Ermelo se eerstespan-krieketseuns teen HTS Witbank te staan gekom. Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

In uiters winderige kondisies het die Errie-boulers van die begin af hul staal gewys en die kolwers onder geweldige druk geplaas. Paaltjies het gereeld gekantel en na 38 boulbeurte sluit HTS hul kolfbeurt op 217 almal uit.  Errie-speler, Arend Fourie, staan uit en spog met boulsyfers van 5/34 (10).   Corné Jansen van Rensburg en Tobie Leibbrandt neem elk twee paaltjies.

Met die kolf in die hand het die Erries die teiken gejaag en die telling bereik met slegs drie kolwers wat hul paaltjies verloor.  Aanvangskolwer, Wian Swart, lê die bousteen vir sy span met ‘n wel-verdiende 71 lopies agter sy naam.  Rian Barnard was die span se top lopiemaker met ‘n uitstekende 95 lopies. 

Hoërskool Ermelo wen dus hierdie kragmeting met sewe paaltjies.

Baie geluk aan die seuns en hul afrigters met ‘n uiters suksesvolle seisoen. EHS is trots op julle uitslae en pragtige spel.

Opsommend:

EHS vs HTSW

HTS W 217 (38)

EHS 219/3 (36.2)

Kolf: Rian Barnard 95 en Wian Swart 71

Boul: Arend Fourie 5/34 (10)

EHS wen met 7 paaltjies. EHS krieket se eerste span het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit!

Lees meer oor EHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal