Fichies Sterkaartstelsel. Om akademiese prestasie in Hoërskool Fichardtpark te bevorder, word ‘n unieke Sterkaartstelsel gebruik. Daarvolgens kan leerders vir elke SBA-opdrag met ‘n punt bo 80% ‘n plakkertjie verdien.
Vandag het een-en-twintig leerders erkenning ontvang wat 40 plakkers op hul Sterkaarte versamel het. Hul beloning is ‘n kwaliteit pen waarop hul name verskyn. Daar is ook erkenning gegee aan leerders wat tien, twintig of dertig plakkers op hul kaarte gehad het.
Die skool is trots op elke Fichie wat op akademiese gebied presteer!
#fichieakademie#jouvoorkeurskool
Foto verskaf
Lees meer oor Fichies: