)

Debatkompetisie – Hoërskool Ermelo presteer nasionaal

Debatkompetisie. Op Vrydag, 22 Oktober, het die Con Spirito Debatkompetisie se nasionale semifinaal plaasgevind. Die kompetisie is by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton aangebied. Die deelnemende skole was as volg: Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Garsfontein, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Linden, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool Outeniqua, Hoër Meisieskool Paarl en  Hoërskool Transvalia. Sestien spanne (agt voorstander- en agt teenstanderspanne) het in sowel die junior- (gr. 8-9) as die seniorkategorie (gr. 10-12) teen mekaar kragte gemeet.

Mienke Cloete, Zané du Plessis, Johan Strauss, Isabella Burgers (seniors) en Chrizanne Joubert, Mariska van Biljon, Bea Niemand en JF Möller (juniors) het Hoërskool Ermelo by die kompetisie verteenwoordig. Die sestien spanne is uitgedun na die top tien junior- en top tien seniorspanne wat op Saterdag 23 Oktober teen mekaar te staan gekom het.

Van die vier EHS-spanne dring drie na die top tien deur. Die spanne se uitslae was as volg:

Johan & Isabella wen hul debat teen Hoërskool Outeniqua en eindig algeheel sewende (seniors).

Mariska van Biljon en Chrizanne Joubert val ongelukkig vas teen Helpmekaar Kollege en eindig negende (juniors).

JF Möller en Bea Niemand wen hul debat teen Hoërskool Durbanville en eindig met ‘n pragtige vyfde plek.

Die Erries is sommer baie trots op hierdie drie spanne wat nasionaal hul debatstempel deeglik afgedruk het.

Ons sien met verwagting uit na 2022 en dank ons Hemelse Vader vir hierdie mooi uitslae.

Lees meer oor Erries:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal