Konsortium-Merino. Reitz Landbou Akademie het Mnre Gawie van Heerden en Chris Cilliers van Konsortium-Merino gister in Reitz verwelkom. Baie dankie aan Mnr. Phillip Oosthuizen vir sy betrokkenheid en om die gaste hier te kry. Die drie Musketier-ramme (Brakanjan, Brolloks en Bittergal) het Gawie-hulle vergesel. Die Hoëskool Reitz Landbouleerders en Mnr. Wynand Jacobs kon na Gawie se inligting luister en was sy passievolle aanbieding vir ons leerders en plaaslike boere spesiaal wat rééds ‘n pad stap met Konsortium-Merino.
Hoërskool Reitz sien uit na ń goeie verhouding met Konsortium-Merino!
Lees meer oor Hoërskool Reitz: