Op Saterdag 14 Oktober 2017 het 831 atlete die tartanbaan van die Cradock Sportkompleks aan die brand gehardloop tydens die jaarlikse Bestmed, TAMS Superspar en Madibaz Skole Top 10 Atletiek byeenkoms. Ook in die verskeie veld items het atlete hul beste voetjie voorgesit en puik prestasies gelewer. Paarl Boys High wen die byeenkoms, met Paarl Gimnasium in algehele tweede plek en La Rochelle Girls High in derde plek.
Op die foto bo:
Voor vlnr: R. Hendrik (Silwer, D o.16 100m hekkies)
Middel: E. De Wet (Brons, D o.16 800m); K. Tafane (Silwer, S o.14 verspring); C. Jacobs (Silwer S o.17 1500m, Silwer S o.17 verspring)
Agter: M. Dannhauser (Goud, D o.17 200m; Silwer D o.17 100m); J. Bouwer (Silwer S o.17 Verspring; Silwer S o.17 Driesprong)
Hoërskool Cradock is trots om hierdie fantastiese byeenkoms jaarliks te kan aanbied.