Toneelkompetisie Artscape Teater. Leerders van Hoërskool Die Wilgers, Pretoria, het die geleentheid gekry om hul talente te ontwikkel tydens die Nasionale Toneelkompetisie by die Artscape Teater in Kaapstad.
Na ‘n dag van hard werk op die verhoog is die Top 32-finaliste aangekondig. Jaco Koster (graad 10) het vanjaar vir die eerste keer in die senior kategorie deelgeneem. Hy het ongelukkig nie deurgedring nie. Dani Heymann (graad 11) en Ewan van Zyl (graad 11) is deel van die Top 32-finaliste! Hulle sal weer in aksie wees op die verhoog. Die Wilgies hou styf duimvas vir julle!
Die Wilgies bedank Lara Lourens van PALI Youth Theatre & TV wat saam met hulle in die Kaap is. PALI – Performing Arts Lifestyle Institute is nou betrokke by die Wilgies se ontwikkeling in die film-, drama- en televisiebedryf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf