Toneel. Hoërskool Ermelo se toneel leerders en -onderwysers het ’n uitstappie na Pretoria geniet. Hulle het die nuwe produksie in AfriForum-teater gaan kyk: Die Kaplyn.
Die verhaal het oorweldigende emosies by die hele gehoor ontlok tydens die opvoering. Die leerders het ook die geleentheid gehad om die talent, akteurs en tegniese aspekte van die teater te waardeer.
EHS-kultuur is dankbaar dat daar geleenthede soos dié aan die leerders gebied kan word. Die dramaturg van die vertoning, Jannes Erasmus, het ook sy dank uitgespreek teenoor die leerders vir die moeite wat gemaak is om die kuns en Afrikaans te ondersteun.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf