Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, se senior koor het vanjaar vir die derde opeenvolgende keer daarin geslaag om die Nasionale ATKV-Applouskoorkompetisie te wen in die kategorie: Beste meriete Afrikaanse Laerskoolkoor in Suid-Afrika. Die koor het veral lof ontvang vir die beste uitvoering van ? Afrikaanse komposisie en vir sy uitvoering van ? tradisionele Sotho-liedjie.
Die koor het op Woensdag, 24 Julie in die Sand du Plessis Teater in Bloemfontein aan die finaal deelgeneem teen die vyf ander beste laerskoolkore in Suid-Afrika. Die nagenoeg 95 koorlede was ware ambassadeurs vir die skool.
Die koorleier is Esmie Koornhof en die hulpkoorleier en begeleier is Petro Coetzee. Sonja Coetzer-Nel is die reus agter die organisasie van die koorbedrywighede.
Foto bo:Â Applous Koorkompetisiewenners