Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, se o/13A-netbalspan was die Noord-Wes wenners en het daarom op 26 en 27 Julie in Boksburg aan die SA Laerskole Spankompetisie deelgeneem. Die span het deurgedring na die finale rondte van die kompetisie en moes slegs die knie buig voor die uitmuntende span van Laerskool Menlopark.
Foto: Hier spog die talentvolle spanlede met die silwer medalje.
Voor vlnr: Hesrie van Wyk, Angelique van der Westhuizen, Emma Fourie, Alexia Delicado, Mia Hills en Martie Schoonwinkel (afrigter).
Agter vlnr: Menke van den Berg, Christi-Mari Coetzee, Amorie Loots en Mariné Jacobs.