Drie van Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, se skaakspanne het op 26 en 27 Julie in die finale rondte van die Kenneth Kaunda Distrikspankompetisie deelgeneem en baie goed gevaar. Die skool se o/7- en die o/13-span is as die kampioene in die Kenneth Kaunda liga gekroon. Die skool se o/11-span was derde. Die skool se spelers word onder andere deur Chris Greyling afgerig.
Foto bo: Die o/7A-skaakspan van Laerskool Mooirivier is die wenners van die Kenneth Kaunda-liga.
Voor vlnr: Lynette Smit (hulporganiseerder), Wilhelm Scholtz, Adriaan Kruger, Dawid Mostert en Marelise de Beer (organiseerder).
Agter vlnr: Christiaan Gerber, Suané Ellis en Hendré Pretorius.