Tennis – Luise Janse van Rensburg is ‘n leerder van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein. Sy was deel van die Vrystaat 0/19 tennis span wat aan die SA Skole Interprovinsiale Toernooi deelgeneem het. Hierdie tennis toernooi het plaasgevind vanaf 18 tot 22 Maart in Pretoria.
Die Vrystaat Span het tweede geeïndig in die kompetisie. Hulle het naelskraap verloor teen Gauteng Central in die finaal.
Luise het ook deelgeneem aan die Growthpoint Free State Super 8 toernooi waarin sy sesde geeïndig het.
Tydens die Growtpoint Nasionale toernooi het Luise dit tot in die semi-finaal gemaak. Hier het sy vasgeval teen die wenner van die toernooi. As gevolg van reën eindig sy gesamentlik derde in die toernooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf