Hokkie. Ané Janse van Vuuren, Hoër Meisieskool Oranje se kaptein van die 1ste hokkie span, het Donderdag teen Somerset College die 150ste keer Oranje se hokkie verteenwoordig. Dit was ook in dié kragmeting waar sy ‘n dyspierbesering opgedoen het. Dit het haar ongelukkig uit die res van die toernooi gehou.
Ané het reeds haar buiging in haar graad 8-jaar in 2018 vir Oranje hokkie gemaak. Sy is die span se mees ervare speler.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf