Tennis 4 Jesus. Augsburg Landbougimnasium, Clanwillam, se hoërskool tennisspan het aan die “Tennis 4 Jesus”- dubbelstoernooi te Bredasdorp deelgeneem. Hierdie toernooi is ‘n jaarlikse hoogtepunt vir die tennisspelers, en hierdie jaar het dit weereens nie teleurgestel nie.
Vrydagoggend het die reën die spelers so bietjie teruggehou, en vir die matrieks is dit die ideale geleentheid om bietjie akademies te verkeer!
Augsburg het in die B-afdeling van die toernooi gespeel waar hulle meegeding het teen Hoërskool Swartland van Malmesbury, Hoërskool Punt van Mosselbaai, Hoërskool Brackenfell van Kaapstad, Hoërskool Bredasdorp en Hoërskool Bellville.
Augsburg het gewen teen Brackenfell en eindig vyfde in hul afdeling.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf