Suoer Seals gala. Ses leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool en lede van die Bethseals swemklub, het die afgelope naweek aan die eerste swemgala van die nuwe seisoen, die Suoer Seals gala, in Bloemfontein deelgeneem. BVHS se swemmers het goed gevaar.
BVHS se deelnemende swemmers was WJ Kruger, Gaby Bishop, Jaden Maritz (tuisonderrig), Cameron Landmann, Simonè Pretoruis en Elanri du Randt.
- Gaby Bishop het twee 4de plekke en een 3de plek behaal
- WJ Kruger het twee 4de plekke behaal
- Jaden Maritz het vier 1ste plekke en drie 2de plekke behaal
- Simoné Pretorius het een 4de plek behaal
- Cameron Landmann het drie 4de plekke en een 2de plek behaal
- Elanri du Randt het een 6de plek behaal
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za https://voortrekker.co.za
Foto verskaf