)

Suid-Gauteng Krieketfinale Monument 1 vs. Noordheuwel 1

Die Suid-Gateng krieketfinale is op Saterdag, 20 Oktober by HoĆ«rskool Monument aangebied. Monnas het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Op 29 vir 2 was Monnas ietwat in die moeilikheid. Ethan Klassen, Monnas se toporde kolwer, het egter ander idees gehad en begin met ā€˜n onverbete terugveg poging. In sy prag-kolfbeurt is hy in drie vyftig-lopie kolfvennootskappe betrokke.

Saam met Duanne Grobler, bereik hy 67 lopies om die 3de paaltjie, 69 lopies om die 5de paaltjie saam met Dylan Lues en 57 lopies om die 7de paaltjie saam met Zayne Human. Ethan teken uiteindelik 134 lopies aan van 125 balle. Monnas eindig na 50 boulbeurte op ā€˜n heel skaflike 280/8.

Na middagete en met dreigende reƫn in die lug begin Monnas om hul telling te verdedig. Gedissiplineerde boulwerk en goeie veldwerk het tot gevolg dat Noordheuwel met reƫlmaat paaltjies verloor. Clayton Schutzler neem 4 paaltjies vir 50 lopies in sy 10 boulbeurte. Hy is goed bygestaan deur Owen Klassen met boulsyfers van 9-0-33-3.

Monnas wen die wedstryd met 64 lopies in die 47ste boulbeurt.

Monument speel Saterdag, 27 Oktober 2018 in die Noordvaal-kompetisie se kwart-finaal tuis teen Middelburg.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal