[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Die jaarlikse Kerssangdiens van Hoërskool Ermelo, het op Maandag 15 Oktober in die EHS-Ouditorium plaasgevind. EHS koester die ware betekenis van dié feestyd en buig in eerbied neer voor die Verlosser wat vir ons gestuur is.
Met ‘n program wat gevul was met ‘n besondere boodskap deur pastoor ZD Büchling, lofprysing en items soos toneelspel, koorsang, solo-sangitems en ‘n pragtige stuk deur die Acapella-groep, “Oh yes, let’s” was die diens ‘n mooi geleentheid waar die Erries met enkele van die vele talente wat hulle het, die Here se Naam kom loof.
Die diens wat deur die Errieraad van 2019 gereël is, was die ideale geleentheid om die kwartaal se openinge te kon afsluit voor die eksamen begin.
Dankie vir elkeen wat deel was van die geleentheid.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”19152,19153″ posts_number=”2″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]