Hoƫrskool Ermelo se hengelspan het op Saterdag, 13 Oktober, deelgeneem aan die vierde skoleliga. Ten spyte van die koue en nat weer, het die Erries steeds goed presteer.
EHS eindig algeheel vierde in die 2018-skoleliga.Ā Baie dankie vir elke hengelaar se positiewe gesindheid en harde werk deur die jaar, asook elke ouer wat die span deurentyd ondersteun het.
Voor: Divan Lourens
Agter Links: Altus Boshoff, Willie Boshoff, Jake Hoffeldt, Zander de Beer en Rico Jordans.