)

Nelstehuis se Ma- en dogtertee sorg vir warm harte

Op Saterdag 20 Oktober het Nelstehuis van Hoërskool Ermelo ‘n Ma- en dogtertee aangebied in die EHS se Ouditorium.

Ten spyte van die ysige weer, was die meer as 200 dames wat die pragfunksie bygewoon het, se harte warm en gesigte stralend.

Amoré Bekker van RSG het as gasspreker opgetree. Haar tema was “Griekse tragedie” en al die dames, dogters en volwassenses, het aanklank gevind by haar prettige, diep en inspirerende toespraak.

Die tema van die tee was: “Water is lewe” en heelwat water is ingesamel as deel van een van Amoré se projekte. Die water sal versprei word waar daar behoefte is.

Na die toespraak het die dames by keurig-gedekte tafels aangesit en gepeusel aan heerlike eetgoed, terwyl hulle kwaliteit-tyd met mekaar spandeer.

Dankie aan almal wat die Nelsies ondersteun het en van die dag ‘n reuse sukses gemaak het.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal