Op Saterdag 20 Oktober het Nelstehuis van HoĆ«rskool Ermelo ān Ma- en dogtertee aangebied in die EHS se Ouditorium.
Ten spyte van die ysige weer, was die meer as 200 dames wat die pragfunksie bygewoon het, se harte warm en gesigte stralend.
AmorĆ© Bekker van RSG het as gasspreker opgetree. Haar tema was “Griekse tragedie” en al die dames, dogters en volwassenses, het aanklank gevind by haar prettige, diep en inspirerende toespraak.
Die tema van die tee was: “Water is lewe” en heelwat water is ingesamel as deel van een van AmorĆ© se projekte. Die water sal versprei word waar daar behoefte is.
Na die toespraak het die dames by keurig-gedekte tafels aangesit en gepeusel aan heerlike eetgoed, terwyl hulle kwaliteit-tyd met mekaar spandeer.
Dankie aan almal wat die Nelsies ondersteun het en van die dag ān reuse sukses gemaak het.