Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie. Hoërskool Die Wilgers vier akademiese uitnemendheid!
Ryan Erasmus, ’n graad 12-leerder van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, het saam met Gauteng-Noord Span 1 ’n indrukwekkende vierde plek op nasionale vlak behaal in die ASSA Suid-Afrikaanse Wiskundespankompetisie, wat op 13 September plaasgevind het.
Die span het bestaan uit tien topwiskundiges: sewe leerders van Afrikaanse Hoër Seunskool, twee van Hoërskool Menlopark, en Ryan – die enigste verteenwoordiger van Die Wilgers. Hierdie uitsonderlike prestasie getuig van harde werk, toewyding en ’n passie vir wiskunde.
Die ASSA Suid-Afrikaanse Wiskundespankompetisie, voorheen bekend as die Interprovinsiale Wiskunde-olimpiade, is sedert 1990 ’n hoogs gewaardeerde geleentheid wat die land se beste jong wiskundiges saambring in ’n toets van logika, probleemoplossing en spanwerk.
👏 Baie geluk aan Ryan en sy span met hierdie spogprestasie – julle maak Gauteng-Noord en Hoërskool Die Wilgers trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








