Studenteraadsbal. Paul Roos Gimnasium het die jaarlikse Studenteraadsbal op 2 Maart 2022 in Stellenbosch aangebied. Studenteraadslede van 38 skole regoor die Wes-Kaap, selfs so ver as Robertson, Bonnievale en Hermanus, het die dans bygewoon.
Dit was wonderlik vir hierdie jeugleiers om bymekaar te kom, mekaar te ontmoet en tyd saam by ‘n sosiale geleentheid deur te bring.
Die bal is georganiseer deur die Paul Roos Gimnasium Studenteraad ondersteun deur die Paul Roos Verteenwoordigende Raad van Leerders (Gr.8 – 11).
Van die skole wat teenwoordig was sluit in Hoërskool Robertson, Bonnievale, Hermanus, Overberg, Worcester Gimnasium, Parel Vallei, Hoëskool Strand, Rondebosch, Herschel, Bishops, Hoëskool Durbanville, Hoërskool Brackenfell, Drostdy, Paarl Gimnasium, Paarl Girls’ High, Paarl Boys’ High, La Rochelle, Calling Academy, St Cyprians, Springfield, Hoërskool DF Malan, Boland Landbou, Fairmont, Hoërskool De Kuilen, Rhenish, Bloemhof, Stellenbosch en Hoërskool Stellenberg.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s: Emma Wiehman