)

STRAND MEET KRAGTE TEEN ENGELSE TOERSPAN VAN KING’S SCHOOL WORCESTER

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]

Op Maandag 23 Julie het Hoërskool Strand se dogters o.18A en B-spanne  kragte teen ‘n Engelse toerspan van King’s School in Worcester gemeet.

Die 18A-span se wedstryd is in ‘n baie goeie gees gespeel en daar was goeie hokkie vanaf beide spanne.  Strand het die eerste helfte gedomineer en ‘n doel aangeteken om teen rustyd met 1-0 voor te loop. Hierdie doel is deur Jeandri Agenbag geslaan.  Die Engelse het egter teruggeveg en die eindtelling was 1 elk.

Die 18B-span se uitslag was 1-0 in Strand se guns. Rochelle Roos het hierdie doel aangeteken.

Die meisies  het dit baie geniet om na die tyd saam met die Engelse spelers te kuier.  Sommer gou het hulle agtergkom die taal is die enigste struikelblok, indien daar wel ‘n struikelblok moes weesa  Dit het behoorlik gegons in die Kindertrustsentrum soos die meisie gesels het. Vriendskappe is vinnig  gesmee en ons hoop om weer so ‘n geleentheid te kan kry.

Die ouers wat oorsese spelers gehuisves het, is dit eens dat dit ‘n wonderlike geleentheid vir ons spelers is om ‘n bietjie hul visie te verruim en blootstelling aan die onbekende te geniet. Ouers word ook aangemoedig om in die toekoms hierdie geleentheid te gebruik en toerspanspelers in te neem.

[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/07/STRAND-MEET-KRAGTE-TEEN-ENGELSE-TOERSPAN-VAN-KING’S-SCHOOL-WORCESTER-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal