Strand Krieket. Chris Jurgens van Hoërskool Strand het Saterdag, 30 Oktober, sy vyftigste wedstryd vir Strand se eerste krieketspan gespeel. In dié wedstryd teen HTS Drostdy, het hy uitgeblink en 3 paaltjies vir 32 lopies platgetrek. Alhoewel die Strand met 4 paaltjies teen Drostdy verloor het, het hulle ongelooflike veggees getoon.
Chris se eerste wedstryd vir die eerste krieketspan was in September 2018 teen die Hoërskool Oudtshoorn. As dit nie vir die Covid-19 was nie, het hy al veel meer wedstryde agter die blad gehad.
Baie geluk, Chris!
Lees meer oor Hoërskool Strand: