)

Strand Hoofseun – Schools That Rock gesels met Brendon van Rooyen

Strand Hoofseun. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Brendon van Rooyen, Hoofseun van Hoërskool Strand vir 2022.

Brendon, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Strand?

My rol as hoofleier sien ek as ‘n skakel tussen onderwysers en leerders en die buite-wereld. Om die goed en sleg uit te bring en te verbeter saam met my mede leiers om die skool se naam onder leerders hoog te hou en hulle trots te laat voel oor hulle skool.

Hoe het die afgelope 4 jaar by Hoërskool Strand jou vir die rol as leier voorberei?

Elke jaar, vanaf graad 8, het ek aansoek gedoen om op die leerderraad te wees. Ek het op ‘n verhoog gestaan voor ‘n groot gehoor en vir hulle ‘n toespraak gelewer oor hoekom hulle vir my moes stem as leier. Ek was eers in my graad 11 jaar gekies. Al die kere wat ek nie gekies was nie het ek steeds probeer en steeds elke dag soos ‘n leier probeer optree in alles wat ek doen. Tot die dag wat ek gekies was.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

My Familie, Simon Sinek en almal om my.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Medies, maar my boekies is nog oop vir iets anders.

Wat staan vir jou die meeste uit by Hoërskool Strand?

Die leerders wat ‘n sterk wilskrag het en die onderwysers wat trots is op die vakke wat hulle met soveel passie aanbied. Verder ook al die moeite wat hulle doen vir hulle leerders.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Ja, ek weet dat, toe ek jonger was, het ek glad nie aan sport deelgeneem het nie omdat ek te skaam was. Die dag toe ek aan sport begin deelneem het, het ek nuwe vriende gemaak , ‘n meer gesonder en balanseerde leefstyl begin leef en ek het meer van ‘n ekstrovert geword. Dit het algeheel ‘n groot bydrae gemaak tot my lewe vandag.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Die interessantheid van sekere vakke se werk. Die bande, uitdagings en prestasies wat ek saam mede-leerders/vriende behaal het.

Wat is jou doelwitte vir Hoërskool Strand tydens jou dienstermyn?

Om die hegte band tussen leerders en onderwysers teenoor mekaar te verbeter sodat hulle (die leerders) regtig kan voel die skool is ‘n familie en dat hul sal trots wees in alles wat hulle doen en vir hulle skool.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

Dit werk vir my soos die verkondiging van die boodskap van Christus. Ek doen dit deurdat ek my ideaal deel met met een persoon wat daarin inkoop. So sal hy/sy op sy beurt die ideaal deel met ‘n ander en sodoende bereik ek my ideaal. Een persoon op ‘n slag totdat almal daarin kan inkoop en ook met een persoon op ‘n slag ‘n sterker band probeer vorm. Dit sal hulle dan motiveer om sterker bande met iemand anders ook te vorm en nuwe vriende te maak.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van jou skool te word?

Baie leerders gaan na ander skole vir die sport of akademie, wat verstaanbaar is. By Hoërskool Strand is almal daar vir jou. Almal motiveer jou al verloor jy in sport met ‘n punt of al is jy een punt weg van jou akademiese doelwit. Jy sal steeds voel jy het jou beste gedoen en dat jy nog harder sal wil probeer vir die volgende keer. Die gees is daar. Persoonlik het ek ‘n beter persoon uitgedraai van dag een af wat ek met Hoërskool Strand te doen gehad het. Daarom is ek ‘n klassieke voorbeeld wat hierdie boodskap aan ander sal deel met graagte.

Wat is jou toekoms-ideale?

Ek wil myself, deur nederig te bly, goed kwalifiseer om kompeterend in die buitewereld te wees wat my in staat sal stel om sodoende doelwitte na te jaag wat my behoeftes soos aangedui in  “Maslow se hiërargie van behoeftes” sal addreseer op die beste moontlike manier.

Foto verskaf

Lees meer oor Hoërskool Strand:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsstrand.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal