Stayers voorseisoen Hokkietoernooi. Hoërskool Goudveld se eerste hokkiespan dogters en -seuns oefengroepe van 2025 was op 18 -20 Oktober genooi na die Stayers voorseisoen Hokkietoernooi in Bethlehem.
Die eerstespan dogters het in die A-afdeling teen top skole gespeel en het ‘n uitsonderlike naweek gehad.
- Gouties wen BVHS: 1-0
- Gouties wen Hoërskool Dr EG Jansen: 2-0
- Gouties speel gelykop teen Hoërskool Sasolburg: 0-0
- Gouties speel gelykop teen St. Annes B: 0-0
- Gouties verloor teen Noordheuwel: 1-0
- Gouties verloor Hoërskool Sasolburg: 1-0
Die seuns speel in slegs een afdeling. Aloewel die seuns vroeg in die toernooi die knie moes buig teen Middelburg, Sasolburg en Trio, het hulle baie geleer. Verskeie kombinasies het begin saamwerk en daarna het hulle beter gedoen.
- Gouties speel gelykop teen Midstream College: 1-1
- Gouties verloor teen Hoërskool Witteberg: 2-0

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










