Die Vokale Ensemble van HoĆ«rskool Outeniqua in George, het aan Curro Privaatskool se Koorfees (te Heiderand) vroeĆ«r vandeesmaand deelgeneem. Hulle het drie liedere gesing en die aand met ‘n staande toejuiging geĆ«indig.
Die Vokale Ensemble het daarna op 17 Mei deelgeneem aan die Tygerbergse Internasionale Eisteddfod en het 94% verwerf met hul program. Die kommentaar van die 5 beoordelaars was besonder positief en hulle was aangenaam verras deur die hoogstaande kwaliteit van sang deur die groep. Daar neem jaarliks ongeveer 88 kore deel aan hierdie Eisteddfod.
Die Kwaggas is baie trots om hulle in Kwaggaland te kan hĆŖ!
VOOR VLNR: Mia Moore, Elisa Bernardo, Nadeane Maritz, Mondor Arries, Dian Swanepoel, Eckardt Muller
AGTER: Kerwin Albertus, Karien Burger, Yzanne Potgieter, Franco Engelbrecht, Anke van der Schyff, Marize Gouws, Lee Miller, Dominique van Rensburg, Ben van Niekerk, Elizma Beyleveld, Tinus Botes, Ian Grobler.