)

St Mary Hokkie-toernooi – Hoër Meisieskool Oranje

St Mary Hokkie-toernooi – Hoër Meisieskool Oranje se o18A hokkiespan het die afgelope naweek geskiedenis gemaak. Hulle het Sondag die St Mary Hokkie-toernooi in Johannesburg met styl gewen.

Ná 22 wedstryde vanjaar is hulle steeds onoorwonne. St Mary Hokkie-toernooi was die span se eerste groot hokkietitel van die seisoen. Hierdie oorwinning het hulle met ware Oranje-gees verower.

Dit was ’n Toernooi vol hoogtepunte en die uitslae was as volg:

  • St Stithians is met 3-0 geklop.
  • Clarendon moes 6-0 terugstaan.
  • Teen Pietermaritzburg Girls was dit ’n taai 1-0 oorwinning.
  • Paarl Gim is met 2-1 gekniehalter.
  • Bloemhof en St Mary is albei met 3-0 afgeransel.
  • In die eindstryd het Oranje se dogters koelkop gebly en Menlopark met 2-0 verslaan.
  • Dané Janse van Vuuren is aangewys as naasbeste doelwagter van die toernooi.
  • Marichelle Crous deel die titel van gesamentlike naasbeste speler.
  • Daniella Grobbelaar het haar plek as gesamentlike doelskieter van die toernooi verseker.

Met só ’n indrukwekkende rekord en ’n span wat elke wedstryd met trots en vasberadenheid aanpak, is dit duidelik. Oranje se hokkie is op ’n hoogtepunt, en die seisoen beloof nog baie glorie.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal