Sporttoernooie/byeenkomste. Om te sê “lekker vakansie hou” is vir sommige leerders en onderwysers net ’n vae gedagte – party leerders van Oranje gaan in die volgende 2 weke by soveel as vier sporttoernooie/byeenkomste betrokke wees.
Dat OMS baie geleenthede vir leerders skep, is nie altemit nie. Só lyk Hoër Meisieskool Oranje se vakansieprogram van Sporttoernooie/byeenkomste (en die eerste week van die tweede kwartaal):
- Menlopark-netbaltoernooi (Pretoria) | o.14A, o.15A, o.16A, o.17A, o.19B, o.19A
- St. Mary’s Kloof-hokkietoernooi (Durban) | o.16A
- Vlak 3-swemkampioenskap (Bloemfontein)
- ASA-atletiekkampioenskap (Pretoria)
- Nasionale Junior-tenniskampioenskap (Bloemfontein)
- Kunstoer (Europa) – 44 leerders, 4 personeellede vir 12 dae
- St. John’s-hokkietoernooi (Pietermaritzburg) | o.14A
- Fairweather-hokkietoernooi (Pietermaritzburg) | o.16 B, o.18B
- La Rochelle-netbaltoernooi (Paarl) | o.18A
- Nasionale tweekamp-kampioenskap (Bloemfontein)
- TSA Super 8-tennistoernooi (Bloemfontein)
- Elsie Coetzer-hokkietoernooi (Bloemfontein) | o.14B, o.16C, o.18C
- Nasionale skoleatletiek-kampioenskap (Paarl)
- St. Mary’s-hokkietoernooi (Johannesburg) | o.18A
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf