)

Sportnuus: Paul Roos Gimnasium brokkies

Sportnuus. ‘n Verskeidenheid brokkies sportnuus aangebied deur Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch.

Skaak: PRG Skaak se Alexander van der Merwe het deelgeneem aan die XXXIII Internasionale Cracovia Skaaktoernooi in Krakow Poland. Alexander is as nommer 72 gelys, maar het in vierde plek geïndig. Hy het 7 punte behaal en het as naaswenner (met slegs ‘n halfpunt agter die wenner) geïndig. Alex het nie een wedstryd verloor nie.

Sokker: PRG Sokker se Tyler Cicero is aangewys in die Beste XI van die o17 AFCON Algerië 2023 |COSAFA-kwalifikasie-toernooi. Hy het in elke wedstryd gespeel soos Suid-Afrika die kompetisie as naaswenners tot Zambië geeïndig het. Tyler Cicero kwalifiseer om aan volgende jaar se kontinentale pronkstuk deel te neem.

Krieket: PRG Krieket se Riley Norton is na afloop van die Khaya Majola Krieketweet verkies om deel te vorm van die SA Colts Krieketspan. Dit is ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n 16-jarige.

Gholf: PRG Gholf se Jack Brugman en Andries van der Vyver vorm deel van die WP Junior-gholfspan –  wat derde geïndig het by die SA’s in Nelspruit. Andries van der Vyver het die derde beste uitslag van al die deelnemers behaal.

Foto’s Vlnr: Pieter Kotze, Willem de Waal, Andries van der Vyfer

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal