Sportnuus. ‘n Verskeidenheid brokkies sportnuus aangebied deur Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch.
Skaak: PRG Skaak se Alexander van der Merwe het deelgeneem aan die XXXIII Internasionale Cracovia Skaaktoernooi in Krakow Poland. Alexander is as nommer 72 gelys, maar het in vierde plek geĆÆndig. Hy het 7 punte behaal en het as naaswenner (met slegs ‘n halfpunt agter die wenner) geĆÆndig. Alex het nie een wedstryd verloor nie.
Sokker: PRG Sokker se Tyler Cicero is aangewys in die Beste XI van die o17 AFCON AlgeriĆ« 2023 |COSAFA-kwalifikasie-toernooi. Hy het in elke wedstryd gespeel soos Suid-Afrika die kompetisie as naaswenners tot ZambiĆ« geeĆÆndig het. Tyler Cicero kwalifiseer om aan volgende jaar se kontinentale pronkstuk deel te neem.
Krieket: PRG Krieket se Riley Norton is na afloop van die Khaya Majola Krieketweet verkies om deel te vorm van die SA Colts Krieketspan. Dit is ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n 16-jarige.
Gholf: PRG Gholf se Jack Brugman en Andries van der Vyver vorm deel van die WP Junior-gholfspan – wat derde geĆÆndig het by die SA’s in Nelspruit. Andries van der Vyver het die derde beste uitslag van al die deelnemers behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf