Sport: hoogtepunte 2021. Sport vorm ‘n groot deel van Schools That Rock se berigte. Die meeste van ons lesers geniet die skole sport wat ons bied. Schools That Rock kyk terug na verskeie sport hoogtepunte van Vrystaatskole gedurende 2021. Hiermee die tweede gedeelte van ‘n aantal van ons sport hoogtepunte 2021 van Maart 2021.
Maart 2021:
Karate
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Josh Bezuidenhout en Sean Huisamen van BVHS het hulle Vrystaatkleure vir 2021 Karate verwerf en het deelneem aan die All-Styles Nasionale Kampioenskappe in Durban.
Uithourit
Grey Kollege: Christopher Terblanche (gr.8) van Grey Kollege Sekondêr, het 20 Februarie ‘n eerste plek behaal in ‘n 120km Uithourit. Dit is in Bloemfontein deur Willows Ride aangebied.
Hy het dié rit in uitmergelende hitte voltooi op sy perd, Waterlea Sunbird van MC Chamar Arabians. Christopher het nie net as junior ruiter van die dag geëindig nie. Hy was ook die algehele wenner met die vinnigste tyd in al die kategorieë!
Western Mounted Games
Hoërskool Witteberg: Mieke du Plooy en Mignon Thomas het gedurende 20 en 21 Maart se vier en vyf kwalifiserende rondtes wat gehou is in Bethlehem goed presteer. Verskeie provinsies was verteenwoordig en hierdie twee meisies het Bethlehem Klub, Maluti Western Riders en Witteberg se naam hoog gehou.
Uitslae: Q4- Mieke du Plooy, Vlak 3: 1ste plek met Brown en 2de Plek met Zilla; Q4- Mignon Thomas, Vlak 2: 2de plek met Yster. Sy het opgeskuif van Vlak 1 na 2 en behaal: 5de plek met Fire Blaze; Q5- Mieke du Plooy Vlak 3: 1ste Plek met Brown en 3de Plek met Zilla; Q5- Mignon Thomas, Vlak 2: 6de Plek met Yster en 7de Plek met Fire Blaze.
Swem
Rooiskool (nou Hoërskool Trio): Annika Serfontein, Charmae Donald en Adrian le Roux het op 19 en 20 Februarie aan die Provinsiale Vlak 2 en 3 Swem Kampioenskap deelgeneem. Die volgende prestasies is behaal:
Annika Serfontein: Vlak 2100m Vryslag 2de, 50m Rugslag 4de, 200 m Aflos 2de, 100m Rugslag 3de, 50m Vlinderslag 2de, 50m Vryslag 2de en 200m Aflos 2de
Charmae Donald: Vlak 250m Borsslag 1ste, 100m Vryslag 4de, 50m Rugslag 4de, 200m Aflos 2de. 50m Vlinderslag 3de, 100m Borsslag 2de, 200m Borsslag 2de, 50m Vryslag 5de en 200m Aflos 2de. Sy kwalifiseer ook om vir die Streek Kampioenskap Vlak 3 deel te neem.
Adrian le Roux: Vlak 3200m Vryslag 3de, 100m Borsslag 3de, 100m Vryslag 2de, 50m Borsslag 2de, 50m Vryslag 3de, 200m Borsslag 3de en 50m Vlinderslag 4de.
Skiet
Rooiskool (nou Hoërskool Trio): Annika Serfontein het deelgeneem aan SA Jagters en Wildbewarings-vereniging se Streeks Presidentskiet kompetisie op Hertzogville. Daar word jaarliks ses sulke kompetisies geskiet in die Vrystaat. Die top tien Junior skuts word uitgenooi om aan die einde van die jaar aan die nasionale kompetisie deel te neem. Annika het ‘n brons medalje ontvang vir Juniors by hierdie kompetisie.
Huidiglik beklee sy die die 12de posisie in die land vir Juniors.
Rugby
Grey Kollege: Vyf oud-Greys maak verskyning in Jake White se Bullespan. Baie geluk aan die vyf oud-leerders van Grey Kollege in Bloemfontein wat vanaand hul verskyning in Jake White se Bulle-span maak! Hulle speel in hul tweede wedstryd van die SA Rugby Voorbereidingsreeks teen die Pumas in Mbombela. Grey Kollege wens Richard Kriel, David Kriel, WJ Steenkamp, Jan-Hendrik Wessels en Werner Gouws sterkte toe.
Tennis
Hoërskool Hoopstad: Cara le Grange van Hoorskool Hoopstad het tydens die Growthpoint Noord-Kaap Tennis-kampioenskappe te Kimberley ‘n eerste plek vir dogters O/14 behaal.
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Anke Heyns van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die naweek van 19 Maart die o/16 Oos-Londen Grand Prix Tennistoernooi gewen.
Hoër Meisieskool Oranje: Donna le Roux, 13-jarige tennisspeler van Hoër Meisieskool Oranje, bevind haarself in die nr. 1-posisie op Tennis Suid-Afrika se ranglys vir o.14-spelers.
Sy het in Maart die eerste keer tot nr. 1 gevorder. Dit is die eerste keer in onlangse jare dat ’n Oranje-leerder haarself bo-aan ’n nasionale ranglys bevind. Donna was vroeër in haar loopbaan die land se voorste speler in haar ouderdomsgroep toe sy in 2016 en 2017 die Junior Nasionale-titel vir o.10’s verower het. Sy was in 2019 in die Suid-Afrikaanse o.12-span wat in Morokko in die Afrika Junior-kampioenskap meegeding het.
Van haar onlangse suksesse was die verowering van die Kaapstad Growthpoint Super8-kroon in Desember 2020. Sy het in die enkelspel en dubbelspel geseëvier. Donna was ook die kampioen by die KM Sport Premier Challenge in Oos-Londen en twee Vrystaat Mini-toernooie.
Ook in die SA o.14-ranglys se top 20 is Ansoné Theron in die 18de posisie. Liné Greyling is 7de op die o.18-ranglys en Cayline le Grange 12de.
Gholf
Welkom Volkskool: Tiaan Botha is gekies vir die 0/11 Vrystaat Golfspan wat vanaf 27 tot 28 Maart in Magaliesburg deelgeneem het.
Swem en Lewensredding
Grey Kollege: Liam Nieuwoudt (gr.8) het uitstekend in swem en lewensredding presteer! Tydens die vlak 2 provinsiale swemkampioenskappe in Bloemfontein (19 tot 21 Februarie), het hy ‘n goue-, twee silwer- en vyf bronsmedaljes verower! By die Vrystaat Lewensredding-kampioenskappe het hy 3 bronsmedaljes verower.
Atletiek
Hoër Meisieskool Oranje: Oranje se atlete het verlede naweek op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe vir 8 goue medaljes, 8 silwer en 7 brons gesorg.
Marliet Blom het eerste geëindig in sowel die 90m-hekkies en 300m-hekkies (o.16) en Johani van Tonder in die hoogspring en verspring (o.18). Vanjaar se byeenkoms is weens Covid-19 aangepas.
Atlete moes of in die o.16-ouderdomsgroep of in die o.18’s deelneem. Atlete wat reeds 18 jaar oud is, se byeenkoms vind op 27 Maart plaas. ‘n Hele paar tye en plekke is aangepas van die oorspronklike uitslae en kan moontlik steeds weer verander.
Hoërskool Witteberg: Vyftien atlete van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, Cara Cilliers, Noelle Petitt, Leoze Lottering, Laura Shepherd, Anuschka Janse van Rensburg, Amy Kotzé, Elry Flores, Ella Steynberg, Jané de Villiers , Andrea Steynberg, Ernst Mienie, Charl Greyling, Arnaud Tredoux, Janus Breytenbach en Samukele Willemse is ingesluit in die ASA Vrystaat Atletiekspan wat vanaf 7 tot 10 April aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in die Paarl deelgeneem het.
Hoërskool Witteberg: Leozé Lottering, ‘n graad agt leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, is tans die nommer 1 spiesgooier in Suid-Afrika vir dogters 14 jaar.
Hierdie prestasie kom Leozé toe na afloop van die ASA byeenkoms wat op 6 Maart plaasgevind het in Sasolburg. Sy het ‘n afstand van 46.11m gegooi op die dag.
Grey Kollege: DJ Liebenberg (o/18) is tans 4de op die IAAF o/20 wêreldranglys vir gewigstoot!
Sy nuutste prestasies sluit die volgende in: 1ste plek in gewigstoot met ‘n persoonlike beste en afstand van 18, 56m! Hierdie uitmuntende prestasie plaas hom 4de op die wêreldranglys. Tydens die Vaaldriehoek atletiekbyeenkoms op 6 Maart, verower hy twee eerste plekke in beide gewigstoot met ‘n afstand van 17,62m en diskus met ‘n persoonlike beste en afstand van 47,74m.
Swem
Hoër Meisieskool Oranje: Zané Snyman het ’n puik vlak 3 interprovinsiale gala agter die rug waarin sy sewe keer eerste aan die muur geraak het. Sy was ook in twee aflosse in die wenspan. Die gala het in Sasolburg plaasgevind met swemmers van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap in aksie. Vlak 3 is die vlak net onder junior nationals. Zané (gr. 11) se sewe individuele goues is behaal in die 50m-borsslag, 50m-rugslag, 50m-vryslag, 50m-wisselslag, 100m-vryslag, 200m-vryslag en 200m-individuele wisselslag.
Imke van Wyk (gr. 12) het met 1 goud, 2 silwer en 1 brons teruggekeer. Die ander medaljewenners was: Jana Helmand (gr. 8): 1 goud en 2 silwer, Michaela van Rooyen (gr. 8): 1 goud, 1 silwer en 1 brons, Gemma Kirsten (gr. 10): 2 brons en Loraine van den Heever (gr. 11): 1 brons.
Hoërskool Witteberg: Zané Engelbrecht van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het aan die Nasionale Vlak 3 Swem Gala in Sasolburg deelgeneem en die volgende prestasies ingepalm:
100m Borslag -Brons, 50m Rugslag – Brons, 100m Vlinderslag – Silwer, 100m Rugslag – Brons, 200m Wissel slag – Silwer en 200m Rugslag – Silwer.
Muurbal
Primêre Skool Jordania: Joël Rix van Primêre Skool Jordania in Bethlehem het aan die Bloemfontein Ope Muurbal deelgeneem. Hy het puik gevaar en kwalifiseer om aan die SA IPT deel te neem.
Joël is tans die nommer een O.13 muurbalspeler in Suid-Afrika.
Meer sport: https://schoolsthatrock.co.za