)

Hoërskool Kalahari – Johan van den Heever Operasionele Bestuurder

Hoërskool Kalahari. Die SBL van Hoërskool Kalahari in Kuruman het gedurende die laaste 3 maande van 2021 besluit om ‘n addisionele bestuurspos te skep.

Dit het noodsaaklik geword om die skool se bestuursgroep te versterk. Die rede is om by die visie te hou dat alle leerders se potensiaal ontwikkel moet word. Daar moet voordurend geleenthede vir alle leerders geskep word. Hoërskool Kalahari is huidiglik in ‘n sterk groeifase. Hulle het verskeie projekte wat afgehandel word, asook verskeie nuwe projekte wat vir die volgende paar jaar beplan word. Die uitbreiding en versterking van die huidige ko-kurrikulêre program is ‘n groot prioriteit vir die SBL. Daardeur sal meer en beter geleenthede vir die leerders geskep word.

Oud-leerder van Kalahari, Johan van den Heever, is aangestel as die eerste Operasionele Bestuurder van Hoërskool Kalahari. Johan glo dat hy deur harde werk, pligsgetrouheid en diensbaarheid ‘n voorbeeld aan die leerders van Hoërskool Kalahari sal kan stel. Dit sal hulle in staat sal stel om met selfvertroue en waardigheid te ontwikkel in volwassenes wat ‘n verskil kan maak in Suid-Afrika. As Operasionel Bestuurder sal Johan onder andere die bestaande ko-kurrikulêre program koördineer en help uitbou. Dit sal in samewerking met bestaande rolspelers tot voordeel van die leerders wees. Hy sal verantwoordelik wees vir die koördinering van alle ontwikkelings- en bouprojekte op die skoolterrein.

‘n Verdere verantwoordelikheid sal wees om in samewerking met die huidige koshuisvader, die koshuis van Hoërskool Kalahari te bemark as ‘n ware “home away from home” vir huidige en potensiële inwoners.

Johan sal ook sy kant in die klaskamer bring as deel van die LO departement.

Baie welkom Johan en baie sterkte met hierdie groot uitdaging!

#kalas2022#trotsekalas

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal