Sport: hoogtepunte 2021. Sport vorm ‘n groot deel van Schools That Rock se berigte. Die meeste van ons lesers geniet die skole sport wat ons bied. Schools That Rock kyk terug na verskeie sport hoogtepunte van Vrystaatskole gedurende 2021. Hiermee ‘n aantal van ons sport hoogtepunte 2021 van Januarie en Februarie 2021.
Januarie 2021:
Vyfkamp
Hoër Meisieskool Oranje: Die eerste sport hoogtepunt is dié van Danielle Joubert en Miché Johns is in die nasionale tetrathlonspan span van die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkampvereniging ingesluit. Hulle het aan die Junior Pentathlon-wêreldkampioenskappe in Egipte meegeding. Die span is gekies op grond van deelnemers se uitslae op 2020 se Suid-Afrikaanse Pentathlon- en Laser Run-kampioenskappe in Maart en bykomende ligas in Desember. Danielle was op die SA’s tweede in die laser run en in die pentathlon vir o.17’s. Miché kon weens ander verpligtinge nie deelgeneem nie. Tetrathlon vir o.17’s bestaan uit skerm, 200m swem, 3 x 800m hardloop tesame met laserpistoolskiet tussen elke rondte.
Skiet
Rooiskool (nou Hoërskool Trio): Joanice Pretorius van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (nou Hoërskool Trio) het sover aan 3 liga’s deelgeneem en het puik gevaar! Sy is ook gekies vir die volgende SA spanne: 3P – Span A o/20 en 10m Span B o/16.
Sy bereik die volgende uitslae by liga-kompetisies: Liga 1 15/02/2020 – 1ste plek o/16 3P algeheel; o/16 10m Dames Liga 3, eerste plek; 19/09/2020 – 2de plek; o/16 3P algeheel 1ste plek; o/16 10m Dames Liga 4 24/10/2020 – 1ste plek o/16; 3P algeheel 1ste plek o/16 10m Dames; Sy het ook deelgeneem aan 2 OPE-kompetisies wat provinsiale kompetiesies is. Uitslae soos volg: NW OPE 29/02/2020 – 8ste Plek o/16; 3P algeheel 5de Plek o/16 10m Dames; OVL OPE 30/10/2020 – 5de Plek o/16; 3P algeheel 4de Plek o/16 10m Dames.
Februarie 2021:
Tennis
Hoër Meisieskool Oranje: Donna le Roux, gr. 8-leerder, het haar tennisvernuf in ‘n ouer ouderdomsgroep as sy, vertoon. Sy het in Oos-Londen in die KM Sport Premier Challenge in die o.16-afdeling geseëvier. Donna, die derde Le Roux-sussie op Oranje ná Mia en Chloë, het vir Kaitlyn Rambuth van KwaZulu-Natal in die eindstryd met 6-4 6-1 verslaan.
Die 16-jarige Liné Greyling, tenniskaptein van die Hoër Meisieskool Oranje, is die kampioen van die Vrystaat Mini-tennistoernooi se ope-afdeling vir vroue. Die toernooi het in Bloemfontein plaasgevind.
Swem
Hoërskool Witteberg: Zané Engelbrecht ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het onlangs aan die Otters Prestige Gala in Bloemfontein deelgeneem. Sy behaal die volgende plekke verskeie items: 100m Rugslag – Eerste plek; 100m Vlinderslag – Tweede plek.
Zané kwalifiseer om aan die Provinsiale Vlak 3 Gala (26-28 Feb) sowel as die Nasionale Streeks Gala in Sasolburg (23-25 Maart) deel te neem.
Boogskiet
Hoërskool Witteberg: Sophia Pieters, ‘n graad 8 leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het 23 Januarie aan die Vrystaat Boogskiet 3D eerste rondte in Senekal deelgeneem. Sy het daar ‘n eerste plek behaal.
Sophia het ook deelgeneem aan die NASP-SA Virtuele Toernooi waar sy ‘n 7e plek behaal het!
Atletiek
Goudveld Hoërskool: Miné de Klerk van Goudveld Hoërskool vertel haar suksesverhaal.
“My passie, my liefde, my lewe, atletiek…
Graad 7
Atletiek het nog altyd ‘n groot rol in my lewe gespeel en dit groei elke jaar ‘n bietjie meer. Ek het in Gr 7 Goudveld-Hoërskool gekies omdat ek geglo het dat hulle my belange op die hart sal dra en ek is nog nie een oomblik spyt nie. My heel eerste atletiekjaar in die hoërskool was nou nie juis soos was ek dit in my verbeelding gesien het nie. Die eerste struikelblok was op Interhoër in 2017 toe ek en Bianca gediskwalifiseer is omdat ons “laat” was. Ons kon natuurlik nie deelneem nie, maar na ‘n lang “geveg” is ons deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Durban. Ons het eers om middernag deelgeneem aan die diskus item, maar ek kan sê dat ek daardie jaar altyd sal onthou.
Graad 9
Gr 9 was beslis ‘n hoogtepunt in my hoërskoolloopbaan. Ek het op elke byeenkoms waaraan ek deelgeneem het, die rekord in gewigstoot verbeter. Op die SA- Kampioenskappe in Potchefstroom in 2018 het ek die rekordboeke herskryf nadat ek die gewigstootrekord van 15.76m na 16.03m verbeter het asook die diskusrekord van 43.35m na 45.08m.
Graad 10
My Gr 10 jaar was my “babajaar” in die 0/17 ouderdomsgroep. Ek het die hele jaar 0/16 deelgeneem tot op SA’s waar ek 0/17 moes deelneem. Daar het ek ‘n tweede plek in die gewigstoot gekry met ‘n afstand van 17.05m en ‘n derde plek in die diskus met 43.86m. Daardie jaar het ek ook vir die eerste keer aan ASA deelgeneem. ASA is die byeenkoms waaraan jy deelneem om vir ‘n nasionale span te kwalifiseer. Op hierdie byeenkoms het ek 17.08m gestoot en ‘n 2de plek verower. Tot my verbasing is ek gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat aan die “African Youth and Junior Championship” in die Ivoorkus gaan deelneem het. Daar het ek ‘n silwer medalje in die gewigstoot en ‘n 4de plek in die diskus behaal. Dit was eerlikwaar ‘n groot voorreg om my land te verteenwoordig op internasionale vlak.
Graad 11
Gr 11 het nie juis uitgedraai soos wat ons beplan het nie. Op interhoër in 2020 het ek ‘n afstand van 18.34m gestoot en dit het my eerste op die wêreldranglys geplaas. Kort na Interhoër word ons as gevolg van Covid met inperking vasgepen met geen byeenkomste in sig nie. Om eerlik te wees, was die inperking die beste ding wat met my atletiek kon gebeur. Deur die hele inperkingstyd het ek en my pa aan my tegniek gewerk en kon ons die meeste van my foute uitskakel. Ek kon voluit in die gym by ons huis oefen en ekstra oefeninge doen. Daar was darem ‘n paar virtuele byeenkomste waaraan ek kon deelneem vir ‘n bietjie kompetisie.
Matriekjaar
Ek het my matriekjaar binnegegaan met die hoop op ‘n paar byeenkomste. Op 16 Februarie 2021 was die heel eerste byeenkoms in Potchefstroom waar ek vir die eerste keer amptelik met die 4kg gewig deelgeneem het. Daar het ek ‘n afstand van 17.55m gestoot en beklee tans die eerste plek op die wêreldranglys. My doelwit vir hierdie jaar is om aan die Junior Wêreldkampioenskappe in Kenya deel te neem.
Niks van hierdie sou moontlik gewees het sonder Liewe Jesus se genade, my ouers en afrigter se ondersteuning nie.
Volgende jaar gaan ek studier aan die Universiteit of Oregon in Eugene, Amerika. Ek het ‘n studie- en sportbeurs gekry en daarom gaan ek my toekoms met ‘n glimlag tegemoet en gaan ek “Human Physiology” studeer en my bes doen om my sportprestasies nog verder uit te brei.”
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: BVHS atlete het puik presteer tydens die inter-provinsiale atletiekbyeenkoms op 27 Februarie by die NWU McArthur Stadion.
o/16 Dogters: M Britz- 3de 1500m / 4de 800m; K Montgomery – 1500m / 4de 3000m.
o/16 Seuns: H de Bruyn – 1500 m; A.J Myburgh – 7de gewigstoot, 7de diskus.
o/18 Dogters: K van Niekerk – 1ste gewigstoot, 3de diskus; M Myburgh – 2de gewigstoot, 2de diskus; J Dempsey – 3de 800m, 4de 400m; C Scheepers – 2de 3000m, 7de 1500m; D Zwhalen – 1ste 3000m, 3de 1500m; M Dempsey – 6de 400m, 5de 800m; I.Cilliers- 1ste paalspring.
o/18 Seuns: W Botha – 2de 800m, 3de 1500m; H Smith – 1ste spiesgooi, 100m; P Cronje – 3de Paalspring;
o/20 Mans: D.Zwhalen – 3de 200m, 8ste 400m
AVT Byeenkoms, 27 Februarie, Sasolburg:
o/16 Dogters: C Botha – 2de Hoogspring; S Bender – 2de Hammergooi, Gewigstoot; J Wessels – 6de 100m, 8 ste 200m; E Hatting – 7 de 300H, 200m; M Jonke – 2de Diskus, Gewigstoot
o/18 Dogters: T Jonke – 2de Hammergooi, 5 de Gewigstoot
Pretoria Tuks Byeenkoms:
o/16 Dogters: C van Rooyen – 1500m, 400m
Meer sportnuus: https://schoolsthatrock.co.za