Die nasionale onderwysdepartement gee jaarliks erkenning aan onderwysers vir uitmuntende diens, onderrig en uitslae in hul onderskeie OBOS-streke.
‘n Paneel van die WKOD besoek genomineerdes by hul onderskeie skole en wys dan die wenners van die brons, silwer en goue medaljes aan.
Op Vrydagaand, 24 Augustus het Hardy de Beer, onderwyser aan Hoërskool Langenhoven op Riversdal, ‘n goue toekenning vir sy besondere bydrae aan die Hoërskool-onderwys in die Eden/ Sentraal Karoo ontvang.
Die onderwys is vir hierdie leerkrag nie net ‘n beroep nie, maar ‘n roeping en passie wat hy daagliks in sy klasse uitleef.
Sy leerders en kollegas sien hom as ‘n pligsgetroue mens wat sy taak met toewyding en absolute motivering aanpak.
Die skool wens hom hartlik geluk en voorspoed toe met die aanwys van die Nasionale wenner.