)

“Speeltoneel” – Hoërskool Ermelo leerders skitter

“Speeltoneel.”

Vier Erries het gedurende 2022 ingeskryf om deel te wees van Speeltoneel. Dié is ‘n reeks kortfilms wat op Via (kanaal 147) uitgesaai word. Dit word geproduseer deur ABS-Produksies.

“Speeltoneel is ‘n fantastiese geleentheid-gedrewe projek vir jong en ouer opkomende toneelspelers. Dit bied aan dansers en sangers (vanaf 6 jarige ouderdom) die geleentheid om op nasionale televisie in ‘n kortfilm te speel, sing en dans.” (Vanaf Speeltoneel-webwerf).

Die inskrywings vereis ’n video van die leerder wat ’n monoloog voordra. Na aanleiding daarvan word die leerders genooi vir oudisies in Pretoria. Die leerders word tydens die oudisies gekies om deel te wees van ’n kortfilm. Hulle moet werkswinkels bywoon en ’n dramakursus voltooi. Dit word deur akteurs en kenners aangebied word, naamlik Izak Davel, Bradley Olivier, Desiré Gardner, Vilje Maritz, en Albert Maritz.

Franco Gibbens en Tilana Uys wat beide in graad 8 in Hoërskool Ermelo is, is deel van die kortfilm “Busrit”. Dié is reeds vanaf 9 tot 13 Desember 2021 geskiet en is reeds vrygestel.

Marice de Jager, graad 10-leerder van EHS, is gekies vir die kortfilm “Lekker Kamp.” Dit word op 17 en 28 Augustus verfilm. Marice is deel van Speeltoneel Advanced en het ook vir Izak Davel as mentor.

’n Graad 11-leerder van EHS, Talita Janse van Rensburg, is gekies om in die kortfilm “Skool Skande” te speel. Dié kortfilm is ook reeds vrygestel.

Izak Davel het as mentor opgetree vir al vier hierdie leerders.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal