“Speeltoneel.”
Vier Erries het gedurende 2022 ingeskryf om deel te wees van Speeltoneel. Dié is ‘n reeks kortfilms wat op Via (kanaal 147) uitgesaai word. Dit word geproduseer deur ABS-Produksies.
“Speeltoneel is ‘n fantastiese geleentheid-gedrewe projek vir jong en ouer opkomende toneelspelers. Dit bied aan dansers en sangers (vanaf 6 jarige ouderdom) die geleentheid om op nasionale televisie in ‘n kortfilm te speel, sing en dans.” (Vanaf Speeltoneel-webwerf).
Die inskrywings vereis ’n video van die leerder wat ’n monoloog voordra. Na aanleiding daarvan word die leerders genooi vir oudisies in Pretoria. Die leerders word tydens die oudisies gekies om deel te wees van ’n kortfilm. Hulle moet werkswinkels bywoon en ’n dramakursus voltooi. Dit word deur akteurs en kenners aangebied word, naamlik Izak Davel, Bradley Olivier, Desiré Gardner, Vilje Maritz, en Albert Maritz.
Franco Gibbens en Tilana Uys wat beide in graad 8 in Hoërskool Ermelo is, is deel van die kortfilm “Busrit”. Dié is reeds vanaf 9 tot 13 Desember 2021 geskiet en is reeds vrygestel.
Marice de Jager, graad 10-leerder van EHS, is gekies vir die kortfilm “Lekker Kamp.” Dit word op 17 en 28 Augustus verfilm. Marice is deel van Speeltoneel Advanced en het ook vir Izak Davel as mentor.
’n Graad 11-leerder van EHS, Talita Janse van Rensburg, is gekies om in die kortfilm “Skool Skande” te speel. Dié kortfilm is ook reeds vrygestel.
Izak Davel het as mentor opgetree vir al vier hierdie leerders.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf