Speeltoneel – Talita Janse van Rensburg is ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Ermelo. Sy het ingeskryf vir 2021 se Speeltoneel met ‘n gedig wat sy voorgedra het.
Na aanleiding van die opname van die gedig wat sy ingestuur het, is sy genooi na ‘n oudisie gedurende die vakansie. Talita is gekies om deel van ‘n kortfilm te wees. As voorbereiding vir die skiet van die film gaan sy saam met die ander kinders verskeie werkswinkels bywoon. Die werkswinkels sluit opleiding en praktiese ervaring in. Die skiet van die film gaan in Februarie 2022 plaasvind.
Baie geluk, Talita!
Sterkte met die werkswinkels en geniet elke oomblik.
Meer oor Hoërskool Ermelo: