Spar se 10km wedloop: Duaney van Wyk van Hoërskool Fichardtpark het op Saterdag, 4 September aan Spar se 10km wedloop deelgeneem. Sy het haar persoonlike beste van 47 minute en 25 sekondes gehardloop.
Die eerste “SPAR Women’s Virtual Challenge” is in 2020 gehou. Nooit sou die deelnemers verwag het dat die land steeds in ‘n Covid 19 greep sou wees nie.
Weens die inperking wat in 2020 opgelê is, het SPAR die spel verander deur ‘n eerste virtuele uitdaging te hou. Om vroue weer iets te gee om na uit te sien, is ‘n tweede virtuele uitdaging op 4 September aangebied.
Om ‘n onbeperkte toekoms vir almal te verseker, het die SPAR Women’s Virtual Challenge 2021-geleentheid SPAR Petal’s se Project bevoordeel. Die inskrywingsgeld het Petals-projek gehelp om pakke sanitêre doekies te skenk aan minderbevoorregte meisies.
Hierdie meisies bly dikwels weg van die skool, omdat hulle nie hierdie basiese benodigdhede het nie. SPAR Petal’s se skenkings help om hierdie meisies op skool te hou, en gee hulle ‘n gelyke kans om mee te ding en ‘n vol lewe te lei.
Baie geluk met jou prestasie, Duaney