Uppies vier Geletterdheidsdag. Hoërskool Upington het op Nasionale Geletterdheidsdag sommer groot gegaan.
Lees en geletterdheid is vir Uppies baie belangrik en daarom gaan hulle in die toekoms nog baie rondom die aspek doen.
Vroeg-oggend het Mev. Kulsen met ʼn Zoom-sessie die gr. 8’s toegespreek. Mev. Kulsen is ʼn al bekende in Upington en haar seun, Keanan is in gr. 11 by Uppies. Keanan is ook mede-skrywer van sommige van haar laaste kinderboeke.
Die leerders het plakkate gemaak oor hoe hul geletterdheid en lees beleef en die skool se kleurvolle gange is bewys van hul entoesiasme. Mev. Kulsen het ook boeke geskenk wat aan die kinders uitgedeel is.
Baie dankie aan al die juffrouens vir hul harde werk, ywer en passie.
Lees meer oor Uppies: