)

Slimkop-Erries staan uit by Minquiz Wetenskap-kompetisie

Op Donderdag 17 Mei 2018 het drie van Hoërskool Ermelo se graad 12-wetenskapleerders aan die Minquiz Mpumalanga Hoëveld Wetenskap-kompetisie gaan deelneem te Osizweni Science Centre.

Berné de Kock, Lydia Landman en Jenna Lewis het uitstekend presteer en die Erries se naam hoog gehou!

Van die 24 skole waarvan elk drie leerders ingeskryf het, is die skole verdeel in twee groepe. EHS se leerders het dus teen elf ander skole te staan gekom.

Die eerste rondte is ‘n geskrewe toets wat individueel afgelê word. Die punte van die leerders word dan opgetel en die top vyf spanne dring deur na die tweede rondte. Laasgenoemde rondte is ‘n vasvra-kompetisie tussen die vyf spanne.

EHS behaal ‘n eersteplek tydens rondte een en kom tweede in rondte twee. Die prestasies besorg aan hulle ‘n kontantprys.

Jenna Lewis is aangewys as die leerder in hul groep met die hoogste toetsuitslae en word gekies om saam met drie ander leerders aan die Nasionale Minquiz-kompetisie te gaan deelneem as deel van die Hoëveldspan.

Baie geluk, Erries. Dankie vir julle harde werk. EHS is trots op julle!

Foto bo (vlnr): Jenna Lewis, Lydia Lanman en Berné de Kock

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal