Op Woensdag 23 Mei 2018 het Hoƫrskool Ermelo se Leierraad die SAVF-ouetehuis van Ermelo besoek.
Deur middel van onder andere koekverkopings, het die raad geld ingesamel om vir die bejaardes toiletware te koop. Die skool het ook saamgestaan en sjokolade ingehandig wat die raad uitgedeel het as bederf terwyl hulle kwaliteit-tyd saam met die tannies en ooms spandeer het.
Die projek word āLief-vir-jou-gemeenskap-projekā genoem en die Erries se kultuurleier, VandrĆ© Swart sĆŖ dat dit ān ervaring is wat almal moet beleef. Hy gaan voort en sĆŖ ook dat dit jou oĆ« oopmaak en tot die besef bring om dankbaar te wees vir al jou voorregte.
Dankie aan elke Errie vir hul samewerking.
Foto bo (vlnr): Dillon van der Merwe, Willie Greyling, Lydia Landman, Jenna Lewis en VandrƩ Swart