)

Erries laat gholfballe val op regte plekke

Hoërskool Ermelo se gholfspelers het op Vrydag 25 Mei 2018 aan die derde rondte van die Gert Sibande-Hoërskole-gholfliga te Volksrust Buiteklub deelgeneem.

In die A-liga kon die Erries daarin slaag om 38 punte bymekaaar te maak wat aan hul hierdie week se derde plek besorg. Tyron Dewar was sy span se beste speler en dra 15 punte by. Die A-span is tans derde op die algehele punteleer, slegs 4 punte agter die voorlopers.

In die B-liga het die Erries hoë gehalte gholf gelewer en sluit hierdie week af in die tweede plek met ‘n spantotaal van 48 punte.  Kobus van Heerden dra die meeste punte by met ‘n telling van 17 punte. Die B-span is tans steeds eerste op die punteleer.

In die die C-liga het die Erries ook uitstaande gholf gespeel en sluit ook rondte drie af in die tweede plek met hul spantotaal van 46 punte. Carla Ferreira en Marni Prinsloo dra elk 17 punte by wat hul die week se twee beste spelers in die span maak. Die C-span bly in die eerste plek op die algehele punteleer.  Komende Vrydag, 1 Junie, vind die finale rondte van hierdie jaar se liga plaas te Ermelo Buiteklub.

Baie geluk aan elke speler wat deelgeneem het en bydra tot die Erries se sukses.

Foto bo: Diederik van der Walt

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal