Hoƫrskool Ermelo se gholfspelers het op Vrydag 25 Mei 2018 aan die derde rondte van die Gert Sibande-Hoƫrskole-gholfliga te Volksrust Buiteklub deelgeneem.
In die A-liga kon die Erries daarin slaag om 38 punte bymekaaar te maak wat aan hul hierdie week se derde plek besorg. Tyron Dewar was sy span se beste speler en dra 15 punte by. Die A-span is tans derde op die algehele punteleer, slegs 4 punte agter die voorlopers.
In die B-liga het die Erries hoĆ« gehalte gholf gelewer en sluit hierdie week af in die tweede plek met ān spantotaal van 48 punte.Ā Kobus van Heerden dra die meeste punte by met ān telling van 17 punte. Die B-span is tans steeds eerste op die punteleer.
In die die C-liga het die Erries ook uitstaande gholf gespeel en sluit ook rondte drie af in die tweede plek met hul spantotaal van 46 punte. Carla Ferreira en Marni Prinsloo dra elk 17 punte by wat hul die week se twee beste spelers in die span maak. Die C-span bly in die eerste plek op die algehele punteleer.Ā Komende Vrydag, 1 Junie, vind die finale rondte van hierdie jaar se liga plaas te Ermelo Buiteklub.
Baie geluk aan elke speler wat deelgeneem het en bydra tot die Erries se sukses.
Foto bo:Ā Diederik van der Walt