Skyfskiet. Twee leerders van Helpmekaar Kollege in Gauteng, Emma Bornman (Graad 10) en Nell Stegman (Graad 9), het as deel van die Gauteng Skyfskiet span, deelgeneem aan die SAARA Nasionale kompetisie in Pietermaritzburg.
Emma het twee silwer medaljes verwerf vir haar individuele deelname in die dames o.16 afdeling. Nell het een goue medalje en een brons medalje verwerf vir sy individuele deelname in die mans 0.16 afdeling.
Emma en Nell skiet ook saam in die Gauteng o.16 10m Olympic kompetisie en daarin verwerf hul span ook ‘n goue medalje.
Nell skiet ook in die gemengde Gauteng 3PP span en weereens is goud hul voorland. Verder het Emma ook ‘n besondere prestasie behaal deur te kwalifiseer vir die Nasionale Junior Proteaspan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf