Hoofleiers 2024. Primêre Skool Naudeville het hul hoofleiers vir 2024 bekend gemaak.
- Hoofmeisie: Rene Nell
- Onderhoofmeisie: Estie Cronje
- Hoofseun: Henre Rossouw
- Onderhoofseun: Aiden Schoeman
Hoe werk Naudies se verkiesing van hoofleiers?
Al die graad 7’s is op die leerderraad, maar indien ‘n kind meer as 75 punte het volgens die skool se debietstelsel, verloor hy/sy die geleentheid om op die leerderraad te wees. Indien sy/haar gedrag verbeter, word daar weer vir hom/haar ‘n kans gegun. Die gedrag word geëvalueer deur onderwysers wat vir hulle klas gee. Sodoende leer die skool die leerders verantwoordelikheid en leiereienskappe! Glad-nie ‘n goedkoop stelsel nie!
Elke kwartaal (1 tot 3) kies die graad 7 leerders en onderwysers, wat vir die graad 7’s klas of sport gee, in elke klas ‘n dogter en seun as raadvoorsitter. In kwartaal 4 kies die leerders en onderwysers tussen die gekose raadsvoorsitters die hoofleiers.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf