International Science Fair. Drie leerders van Hoërskool De Aar het gedurende die September-vakansie die Noord-Kaap by die “International Science Fair” in Johannesburg verteenwoordig. TC Markgraaff, Welmy Erasmus en Leandro de Carvalho se projekte het baie goed presteer.
Welmy Erasmus en Leandro de Carvalho het brons behaal met hul projek: “Birds eye view”. Hulle probeer met hul taak om ‘n beter sigafstand te verkry sodat bestuurders verder kan sien en veiliger kan verbysteek.
Nog ‘n leerder van HSDA, TC Markgraaff, wen goud met sy projek wat sigaretstompies hergebruik vir die maak van kussings – “Sleep on your butts.” Hy ontvang ook ‘n spesiale prys in sy Omgewingstudies-kategorie en is nou ‘n skootrekenaar ryker!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf