Skoolhoof verwelkom. Die Beheerliggaam, personeel en leerders van Hoërskool Nelspruit het gister, 5 Mei, hul nuwe skoolhoof verwelkom. Die nimlike mnr. Willie van der Merwe is met ope arms by Hoërskool Nelspruit terugverwelkom.
Tydens saalopening het die dux’e, Emma Snyman en Divan de Kock, namens die leerders vir mnr. Willie en me. Zandra van der Merwe, welkom geheet.
Almal sien met verwagting daarna uit om ‘n mooi pad saam met hierdie twee besonderse mense te stap.
Die opgewondenheid oor die toekoms van NHS onder mnr. Willie se bekwame leiding waarin die vorige hoofde se nalatenskap en kennis eggo, was duidelik voelbaar.
“Meneer Van der Merwe, palmam qui meruit ferat!”


Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








