)

Skoolhoof 30 jaar diens – Geliefde Skoolhoof van Uppies vereer

Skoolhoof 30 jaar diens. Mnr. Riaan Kotze, Skoolhoof van Hoërskool Upington, is vanoggend vereer vir die 30 jaar diens wat hy aan kinders en skoolhou bestee het.

Mnr. Kotze het sy diploma vir 30 jaar langtermyndiens persoonlik ontvang. Wat die gebaar nog meer besonders maak, is die feit dat dit aan hom oorhandig is deur Mnr. Gary Robbertson. Mnr. Robbertson is nou onlangs aangewys as Hoërskool Upington se nuwe kringbestuurder na sy jarelange verbintenis aan Hoërskool Keimoes as hoof.

Mnre. Kotze en Robbertson kom al ‘n lang pad saam. Hul het menige sporttoere saam gedoen en dit is veral rugby wat dié 2 groot manne se verbintenis besonders maak.

Dit is dus daarom ‘n baie groot eer vir mnr. Kotze en Hoërskool Upington dat mnr. Robbertson die toekenning self aan ons geliefde Skoolhoof oorhandig het. Uppies verwelkom Mnr. Robbertson ook in sy hoedanigheid as kringbestuurder.

Hoërskool Upington sien daarna uit om saam met mnr Robbertson te werk.

Meer oor Hoërskool Upington:

https://schoolsthatrock.co.za

http://www.uppies.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal