Oakdale. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Kobus Janse van Rensburg, Hoofseun van Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, vir 2022.
Kobus, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Oakdale?
Ek sien uit om ‘n groot rol te speel in al die Oakdalers se lewens, veral die Turke.
Hoe het die afgelope 4 jaar by Oakdale jou vir die rol as leier voorberei?
Ons is deur baie swaar tye, maar Oakdale het my deursettingsvermoë geleer wat baie belangrik is as leier. Oakdale het my ook geleer om myself te wees en om op te staan vir wat reg is.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Mnr. André Latsky is vir almal ‘n voorbeeld en dit was ‘n voorreg om hom as skoolhoof te hê.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Om B. Rek te studeer.
Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?
Omdat Oakdalers omtrent almal in die koshuis is, is ons ‘n eenheid/ broederskap. Iets om te beleef. “When Oakdale play, we all play”.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Nee, almal het ander belangstellings. Solank jy net ‘n gesonde lewenstyl volg, voel ek is jy “OK”.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Definitief die rugby. Van vroegoggend fiksheid tot lang ure gymsessies, en die kreet sing na ‘n wen. Dit is vir my kosbaar.
Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?
Om net te bou aan Oakdale se waardes en om vir almal ‘n voorbeeld te wees van hoe ‘n Oakdaler moet leef.
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Ek voel dis ‘n voorreg om te lewe. En ek probeer om God te dank deur alles te gee wanneer ek ‘n taak/ of sommer die lewe aanpak.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Bulle te word?
Want Oakdale stuur jou nie dieselfde uit as wat jy ingekom het nie. Oakdale verander jou. Seun kom in en man gaan jy uit.
Wat is jou toekoms-ideale?
Ek wil net die doel uitvoer wat God my voor geskape het. So ek soek nou baie hard na daardie doel en wanneer ek ‘n antwoord kry, gaan ek dit aanpak met alles wat ek het.
Lees meer oor Oakdale: